Sonkrag: Van “Ag nee…” na “Ag lekker!” ☀️⚡

Daar was ’n tyd toe Suid-Afrikaners net oor rugby, reën en braaivleis gepraat het. Vandag is dit munisipale kragonderbrekings, tariefverhogings en kragopwekkers wat harder raas as Oom Floors ná twee brandewyne.

Dit is presies hoekom al hoe meer mense sonkrag kies.

Nie net omdat dit slim lyk op die dak nie, maar omdat mense moeg is daarvoor om afhanklik te wees van onbetroubare krag. Sonkrag gaan vandag oor onafhanklikheid. Dit gaan daaroor om beheer terug te neem en meer waarde uit jou elektrisiteit te kry.

By Alumo Energy sien ons dit elke dag:
Boere wat hul pompe en vrieskamers aan die gang moet hou. Gesinne wat net wil hê die WiFi moet werk wanneer die kinders eksamen skryf. Besighede wat nie nog ’n dag sonder krag kan bekostig nie.

Want kom ons wees eerlik:
Niemand wil rugby kyk met die kragopwekker wat in die agtergrond klink soos ’n trekker wat sukkel om te start nie.

Die lekker van moderne sonkrag is dat dit nie meer net rugsteun is nie. ’n Goeie stelsel help jou om:

☀️ Minder afhanklik van munisipale krag te wees
☀️ Jou elektrisiteitsrekening te verlaag
☀️ Meer waarde uit elke eenheid krag te kry
☀️ Jou huis of plaas meer selfstandig te maak
☀️ Belangrike goed soos ligte, yskaste, sekuriteit en WiFi aan die gang te hou.

En natuurlik gaan KragDag die perfekte plek wees om meer daaroor te leer.

By Alumo Energy se staanplek gaan ons die KRAG terug in KragDag sit. ⚡

Kom kuier gerus by ons staanplek vir:
🍺 Gratis bier
🎯 Pret speletjies vir die hele familie
☀️Sonkragoplossings vir huise, plase en besighede
🎁 EN ’n kans om tot 10 GRATIS sonpanele te wen!

Ja, jy lees reg, tien gratis sonpanele.

So as jy nog wonder of sonkrag die moeite werd is, kom gesels met ons span by KragDag. Ons sal jou wys hoe Suid-Afrikaners hulself losmaak van onbetroubare krag en meer beheer oor hul energie kry.

Want die waarheid is:
Die beste tyd om sonkrag te kry was gister.
Die tweede beste tyd? Voor die munisipaliteit jou weer afskakel. 😉

Alumo Energy — Let’s turn you on! ⚡

www.alumo.co.za

5.00 avg. rating (94% score) - 1 vote

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui