Gustav Venter

Gustav Venter is sedert 1988 ’n vryskutberoepskrywer met uitgebreide ervaring in die onafhanklike koerantbedryf en die skryf en uitgee van sy eie boeke. Vanaf 2006 is hy baie bedrywig met die ontwikkeling van lees- en kykstof op die internet. Die afgelope aantal jare het hy homself toegespits op die teorie van die filmdraaiboek en het hy Fliekskaal ontwikkel. Dit is wêreldwyd die eerste stelsel om ’n waarde aan rolprente toe te ken slegs gegrond op die draaiboek. Gustav is ’n toegewyde gelowige en ’n vurige Afrikanernasionalis. Hy beskou dit as sy lewenstaak om ’n bydrae te lewer om Afrikaneridentiteit te bewaar tydens hierdie moeilike oorgangsfase totdat die Volk homself weer polities kan handhaaf in die ingewikkelde staatkundige bestel van Suid-Afrika.