Francois du Toit
Entrepreneurskap, selfstandigheid, veiligheid, innovasie, tuisonderrig, finansies, natuurbewaring, gesinslewe, christenskap, eko-toerisme... Hierdie is onderwerpe waaroor Francois graag gesels en skryf. Hy woon saam met sy vrou en sy dogter op `n kleinhoewe, waar hulle elektrisiteit heeltemal van die netwerk ontkoppel is, waar hulle al hulle water uit `n boorgat kry, waar heelwat van hulle kos uit hulle eie tuin kom, en waar hulle vir langer as 7 jaar alreeds tuisonderrig doen. Hy maak heeltyd planne om dinge goedkoper en makliker te doen, van sonoonde tot elektrisiteitslose verwarmers. Hy weet ook wat die uitdagings is ten opsigte van sekuriteit op plase. Hy ken die waarde van goeie buurmanskap en inskakeling by die groter gemeenskap - ter wille van sekuriteit, samewerking en tot voordeel van die besigheidsgemeenskap waar hy `n rol speel.
Central Developments is een van die grootste eiendomsontwikkelaars in Gauteng, en het spesialiseer in die ontwikkeling van residensiële projekte en is…
In 1986, na 'n reeks inbrake op sy winkel in die Kempton Park-omgewing, het Alpha Sekuriteit se direkteur Piet Moolman saam met twee ander vennote bes…
Nie baie lank terug nie... "Ek moet so gou as moontlik iets doen om my Eskom rekening te verlaag." Dis wat Hendrik so ruk terug vir homself gesê het. …