Elrika Beukes

Ek het my Arbeidsterapie graad ontvang by die Universiteit van Pretoria in 2011. Ek het ingeskakel by ‘n privaat praktyk wat werk met kinders met leerprobleme na my studies. Ek het my sensoriese integrasie (Ayres Sensory Intgeration©) -kwalifikasie klaar gemaak in 2017. In 2018 het ek my Meesters graad in Arbeidsterapie ontvang by die Universiteit van Pretoria. Ek is getroud met ‘n dierbare man, en is ‘n mamma van ‘n 9 maande oue baba en ‘n 2-jarige dogtertjie. Ek is tans nog steeds in privaat praktyk en is die eienaar van Big Tree Therapy Inc. Ek het 9 jaar se ervaring in pediatrie. Ons missie en visie is om kinders, ouers en onderwysers te bemagtig met inligting om kinders op die beste manier moontlik te help om hulle volle potensiaal te kan bereik.