Isobel van der Stoep

Isobel van der Stoep is ‘n landbou-ingenieur wat spesialiseer in besproeiing en het meer as 20 jaar se ervaring in die besproeiingswaterbestuursveld. Sy was ‘n dosent aan die Universiteit van Pretoria vir 9 jaar en het ook vir verskeie raadgewende firmas gewerk. Tans is sy die tegniese uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI), waar sy verantwoordelik is vir die reël en aanbieding van besproeiingsontwerp-en bestuurskursusse. Sy is egter steeds ook nog betrokke by navorsingsprojekte aangaande watergebruiksdoeltreffendheid, watermeting en energie-doeltreffendheid van besproeiingstelsels.