Mark Tiepelt

Mark Tiepelt is ‘n gekwalifiseerde siviele ingenieur met 26 jaar ondervinding in konstruksie, alternatiewe boumetodes en volhoubare energie-tegnologieë. Mark het sy maatskappy BiogasSA in 2009 gevestig en sederdien meer as 150 huishoudelike grootte verteerders gebou, sowel as ‘n 400kW kommersiële biogas-aanleg by ‘n abattoir in Springs. Mark het verskeie biogasverwante verslae opgestel en uitvoerbaarheidstudies gedoen. Hy doen ook raadgewende werk in die biogasbedryf, plaaslik sowel as internasionaal. Vir jare reeds is Mark aktief betrokke met die ontwikkeling van die biogasbedryf in Suid-Afrika en was gemoeid om die eerste biogas-werkswinkel in November 2012 te organiseer. Hy was instrumenteel in die daarstelling van die Southern African Biogas Industry Assosiation (SABIA) waar hy vir 3 jaar as voorsitter gedien het. Hy het ‘n sleutelrol gespeel in die vestiging van die National Biogas Platform en is in Julie 2017 aangewys as biogas-konsultant by die United Nations Industrial Development Organization (UNIDO).